Saturday 16 June 2012

Hi vriende! Ek skryf uit my siekbed. Boonste lugweg infeksie... glad nie lekker nie! Ek het donderdag vir een volle dag in die huis gebly, nie eers my voete by die deur uit gesit nie en ek het amper mal geraak. Ek is nie 'n mens wat by die huis kan sit en niks doen nie, dus is ek die volgende dag weer op my pos by Bok Radio 6vm... 


Die lekkerste show in 'n lang tyd. Ons gesels toe met Andriette Norman - sy deel wonderlike nuus met my. Sys genomineer as Gewildste Vroulike Kunstenaar by die Huisgenoot Tempo Toekennings. My bors swel met trots, 'n meisie van Brackenfell wat altyd so nederig is en lief is vir haar medemens - sy sal die toekenning Kaap toe bring, eks seker daarvan! Goodluck Girl* SMS: TEM 15 A, Jou naam en van na 32113. Jy kan 20 keer stem van een sel nr af. www.andriettenorman.co.za


Ek voel of ek 'n nuwe mens is. Dis asof die maand my so baie geleer het, van myself, my werk en my mense. Dis ongelooflike hoe verskillend mense is. Ek het dit nog altyd geweet maar het hierdie maand so baie tedoen gekry met verskillende persoonlikhede - koppe kan vinnig stamp. Kom ek gee jou 'n wenk: Probeer die persoon, waarmee jy nie oor die weg kom nie, verstaan en ontleed sy persoonlikheid. Jy sal in die proses sommer meer van jouself ook leer!

BOK RADIO FLASHMOB... wow, wat 'n ervaring was dit nou nie!! Baie dankie aan Danielle Lotter wat die dans afgerig het. Jy is 'n ongelooflike danser en ek het baie by jou geleer. Almal wat deel was van die Flashmob, die dansers, die borge, Joey Reinders - dankie. Ons het Saterdag 2 Junie om 12h by Cape Gate en 13h by Tygervallei die dans gedoen. Die mense is besig om die video te edit, sodra dit klaar is, sal ek dit op YouTube laai. That was FUN!!


Ek het die voorreg gehad om na Roxette se show te gaan kyk by Grand West Arena. Vir die eerste keer koop ek 'n "staan" kaartjie, sodat ek lekker kan dans en nader aan die verhoog is... NOOIT weer doen ek dit nie. Ek kon niks sien nie. Nie eers die skerms nie, NIKS. Ek moet se dit was 'n ongelooflike gevoel om deel te wees van die gehoor. Die Roxette duet het oud geword, sy kan amper nie eers meer ordentlik loop nie en haar husky hoe stem is ook nie meer daar nie. Ek is bly ek het dit gaan kyk.



Wacky Wine Weekend in Robertson... wel in my opinie was dit nie juis iets om oor huistoe te skryf nie. Daar was baie min mense en ook nie 'n Wacky gees onder die mense nie. Ek het 'n show by Rooiberg gehad die middag en die aand 'n show by Van Loveren. Gelukkig is dit een van die mooiste plekke in die kaap, so ons kon darm pragtige fotos neem. Die mense by my show by Van Loveren was ongelooflik. T.s.v die rugby wat aan die gang was, het hulle op tafels en stoele gedans en die show net so baie soos ek geniet. Dankie aan Hetta Saunderson vir al die reelings. Daardie show was baie lekker.


Bok Radio se Aksie Krieket span het weg gestap met die BRONS Medalje!! Dit was 'n heerlike seisoen. Baie dankie aan ons span: Werner, Joey, Charl, Sunet, Vlooi, Reinaldo, Johandre, Philip, Shaun en almal wat ons uitgehelp het. Ek dink ons het gekook!!! 1...2...3...BOK RADIO


Tot volgende keer...

Hou dit geheim, die dorp is klein!

Le-Lue