Thursday 10 May 2012

Work hard, Play hard, Pray hard...

Sjoe!! Wat 'n week... Ek het baie pret gehad, maar baie hard gewerk ook. As ek speel, speel ek hard en as ek werk, werk ek nog harder. 

Wimpie & Natisha se Bachelors
Om die week mee af te skop het ons by Bok Radio 'n verrassings partytjie gehad vir Herman, Wimpie en Natisha. Herman se "stork tea"en Wimpie en Natisha se bachelors. Soos jy kan sien op die fotos het ons hulle snaaks aangetrek en gesorg dat hulle ons laat lag. Te dankie aan Simon Miller wat die eienaar is van Perfect Pools, is daar 'n poets gebak... en raai op wie... MY. Kyk die video om te sien hoe ek my grootste fobie "face" - ek het amper gehuil, maar dis wat ons doen by Bok Radio, ons het almal 'n groot sin vir humor! Simon - ek belowe ek sal jou terug kry... :)





Moeg op die lang pad
PADWERKE
Die tuin van die gastehuis in Upington
Upington Agri Expo. Vrydag klim ek en my ma in my blou blits en vertrek Upington toe - die pad was so lank ek het gedog ek gaan 'n stille dood sterf. Padwerke was 'n nagmerrie. Gelukkig kon ek amper heelpad slaap omdat my ma wou bestuur (dankie mamma!!!).
Ons het dit sommer 'n roadtrip gemaak en by plekke soos die Windpomp Restaurant gestop. In Upington aangekom en ingebook by die ongelooflikste gastehuis. 'n Tuin wat ongeveer R1.8miljoen se plante in het. Dit het gevoel soos paradys. Saterdag by die fees ontmoet ek die interessantste mense. Armand van der Merwe, 'n man wat sing terwyl hy op sy perd, Thunder, ry. So hulle verhoog naam is Armand Thunder Merwe. Die perd doen danspassies soos die moonwalk, mens sou sweer dis Michael Jackson se perd. Die Tuindwergies, Klopjag, Jannie Moolman en Jennifer Zamudio was ook kunstenaars by die fees. Baie dankie aan al die ondersteuning tydens my vertoning op die Hoof verhoog, dit was heerlik om julle te kon vermaak!
Die Tuindwergies op stage

Namaqua op die pad!















Maandag het die SAPS Fietsrytoer begin. Alle fondse gaan na die Polisie Onderrigsfonds. Darling was die eerste stop. Ek is so bevoorreg om voor my mense te kan optree. Woensdag was Piketberg se beurt. Kunstenaars wat by hierdie optredes was, is: Cheree en Wynand Strydom, Rooies, Burger le Roux, Hugo Nieuwoudt, Jomarie en Ek. Dis mooi om te sien hoe die gemeenskap die fonds en toer ondersteun. Vanaand (10 Mei) is die optrede in Malmesbury in my ou skool, Hoerskool Swartland... ek kan nie wag nie. Laat my terug dink aan my skooljare en die talle kere wat ek op daardie verhoog gestaan het. Ek is 'n trotse Malmesburier.



Herman Stoop op sy "stork tea"
Herman Stoop, my kollega op die Bok Brekvis show het nou net bevestig sy kleintjie word more gebore. Dis die eerste Bok-Baba! Herman en Lee Ann, mag Safanja net geluk en vreugde in julle lewe bring. soos jy altyd se Herman, dis 'n voorreg. Ek is so bly!


Tot 'n volgende keer...
Hou dit geheim, die Dorp is Klein!

Groete
Le-Lue