Thursday 18 October 2012

Buckitlist...

Wow, waarheen het die tyd gevlieg... Ek dog ek het verlede maand geblog, nou sien ek dit was 4 maande terug. As ek so uitstel se my pa altyd... Ja Kersfees kom ook. In hierdie geval is dit waar. Die winkels is vol Kers versierings en Kersvader hang aan al wat 'n deur is. Ek het nog so baie goed gehad wat ek wou doen hierdie jaar - my 2012 Buckitlist...

So sit ek nou die dag en werk my Buckitlist uit. Dis wat ek opgestel het:
1. Skydive / Valskermspring
2. 'n Toekenning wen
3. Tafelberg klim
4. Eben Etzebeth ontmoet
5. Die aanbieder wees van 'n tv program (al is dit net 1 empisode)

Een van die 5 het ek gedoen/bereik en dis die wen van 'n toekenning... Ek het die trofee vir beste vordering binne Bok Radio gekry. Die toekennings was 9 Oktober by Grandwest. 'n Spog geleentheid! Well done Bok Span en Bok Radio. I love my job!!


Soos jy weet het die Brekvis Show verander... Herman Stoop het Spitstyd toe geskuif en Wimpie vd Sandt is nou saam met my en Gavin op Brekvis. Nou kan ek regtig nie meer laat kom nie - die baas is nou daar om te sien... ouch! Nuwe uitdaging, Nuwe show - Lets go!! Ons het dit nog net nie reg gekry om hom voor die venster te laat dans nie.

Ek is gelukkig. Ek is so bevoorreg met 'n fantastiese familie, besonderse kerel:), ware vriende, ongelooflike kollegas en 'n baie besige loopbaan. Ek kan net dankie se aan my Skepper. Dis net Sy genade wat dit toelaat. Ons se so min dankie..

Tot volgende keer vriende

Hou dit geheim, die dorp is klein!!!
Le-Lue

Saturday 16 June 2012

Hi vriende! Ek skryf uit my siekbed. Boonste lugweg infeksie... glad nie lekker nie! Ek het donderdag vir een volle dag in die huis gebly, nie eers my voete by die deur uit gesit nie en ek het amper mal geraak. Ek is nie 'n mens wat by die huis kan sit en niks doen nie, dus is ek die volgende dag weer op my pos by Bok Radio 6vm... 


Die lekkerste show in 'n lang tyd. Ons gesels toe met Andriette Norman - sy deel wonderlike nuus met my. Sys genomineer as Gewildste Vroulike Kunstenaar by die Huisgenoot Tempo Toekennings. My bors swel met trots, 'n meisie van Brackenfell wat altyd so nederig is en lief is vir haar medemens - sy sal die toekenning Kaap toe bring, eks seker daarvan! Goodluck Girl* SMS: TEM 15 A, Jou naam en van na 32113. Jy kan 20 keer stem van een sel nr af. www.andriettenorman.co.za


Ek voel of ek 'n nuwe mens is. Dis asof die maand my so baie geleer het, van myself, my werk en my mense. Dis ongelooflike hoe verskillend mense is. Ek het dit nog altyd geweet maar het hierdie maand so baie tedoen gekry met verskillende persoonlikhede - koppe kan vinnig stamp. Kom ek gee jou 'n wenk: Probeer die persoon, waarmee jy nie oor die weg kom nie, verstaan en ontleed sy persoonlikheid. Jy sal in die proses sommer meer van jouself ook leer!

BOK RADIO FLASHMOB... wow, wat 'n ervaring was dit nou nie!! Baie dankie aan Danielle Lotter wat die dans afgerig het. Jy is 'n ongelooflike danser en ek het baie by jou geleer. Almal wat deel was van die Flashmob, die dansers, die borge, Joey Reinders - dankie. Ons het Saterdag 2 Junie om 12h by Cape Gate en 13h by Tygervallei die dans gedoen. Die mense is besig om die video te edit, sodra dit klaar is, sal ek dit op YouTube laai. That was FUN!!


Ek het die voorreg gehad om na Roxette se show te gaan kyk by Grand West Arena. Vir die eerste keer koop ek 'n "staan" kaartjie, sodat ek lekker kan dans en nader aan die verhoog is... NOOIT weer doen ek dit nie. Ek kon niks sien nie. Nie eers die skerms nie, NIKS. Ek moet se dit was 'n ongelooflike gevoel om deel te wees van die gehoor. Die Roxette duet het oud geword, sy kan amper nie eers meer ordentlik loop nie en haar husky hoe stem is ook nie meer daar nie. Ek is bly ek het dit gaan kyk.



Wacky Wine Weekend in Robertson... wel in my opinie was dit nie juis iets om oor huistoe te skryf nie. Daar was baie min mense en ook nie 'n Wacky gees onder die mense nie. Ek het 'n show by Rooiberg gehad die middag en die aand 'n show by Van Loveren. Gelukkig is dit een van die mooiste plekke in die kaap, so ons kon darm pragtige fotos neem. Die mense by my show by Van Loveren was ongelooflik. T.s.v die rugby wat aan die gang was, het hulle op tafels en stoele gedans en die show net so baie soos ek geniet. Dankie aan Hetta Saunderson vir al die reelings. Daardie show was baie lekker.


Bok Radio se Aksie Krieket span het weg gestap met die BRONS Medalje!! Dit was 'n heerlike seisoen. Baie dankie aan ons span: Werner, Joey, Charl, Sunet, Vlooi, Reinaldo, Johandre, Philip, Shaun en almal wat ons uitgehelp het. Ek dink ons het gekook!!! 1...2...3...BOK RADIO


Tot volgende keer...

Hou dit geheim, die dorp is klein!

Le-Lue











Thursday 10 May 2012

Work hard, Play hard, Pray hard...

Sjoe!! Wat 'n week... Ek het baie pret gehad, maar baie hard gewerk ook. As ek speel, speel ek hard en as ek werk, werk ek nog harder. 

Wimpie & Natisha se Bachelors
Om die week mee af te skop het ons by Bok Radio 'n verrassings partytjie gehad vir Herman, Wimpie en Natisha. Herman se "stork tea"en Wimpie en Natisha se bachelors. Soos jy kan sien op die fotos het ons hulle snaaks aangetrek en gesorg dat hulle ons laat lag. Te dankie aan Simon Miller wat die eienaar is van Perfect Pools, is daar 'n poets gebak... en raai op wie... MY. Kyk die video om te sien hoe ek my grootste fobie "face" - ek het amper gehuil, maar dis wat ons doen by Bok Radio, ons het almal 'n groot sin vir humor! Simon - ek belowe ek sal jou terug kry... :)





Moeg op die lang pad
PADWERKE
Die tuin van die gastehuis in Upington
Upington Agri Expo. Vrydag klim ek en my ma in my blou blits en vertrek Upington toe - die pad was so lank ek het gedog ek gaan 'n stille dood sterf. Padwerke was 'n nagmerrie. Gelukkig kon ek amper heelpad slaap omdat my ma wou bestuur (dankie mamma!!!).
Ons het dit sommer 'n roadtrip gemaak en by plekke soos die Windpomp Restaurant gestop. In Upington aangekom en ingebook by die ongelooflikste gastehuis. 'n Tuin wat ongeveer R1.8miljoen se plante in het. Dit het gevoel soos paradys. Saterdag by die fees ontmoet ek die interessantste mense. Armand van der Merwe, 'n man wat sing terwyl hy op sy perd, Thunder, ry. So hulle verhoog naam is Armand Thunder Merwe. Die perd doen danspassies soos die moonwalk, mens sou sweer dis Michael Jackson se perd. Die Tuindwergies, Klopjag, Jannie Moolman en Jennifer Zamudio was ook kunstenaars by die fees. Baie dankie aan al die ondersteuning tydens my vertoning op die Hoof verhoog, dit was heerlik om julle te kon vermaak!
Die Tuindwergies op stage

Namaqua op die pad!















Maandag het die SAPS Fietsrytoer begin. Alle fondse gaan na die Polisie Onderrigsfonds. Darling was die eerste stop. Ek is so bevoorreg om voor my mense te kan optree. Woensdag was Piketberg se beurt. Kunstenaars wat by hierdie optredes was, is: Cheree en Wynand Strydom, Rooies, Burger le Roux, Hugo Nieuwoudt, Jomarie en Ek. Dis mooi om te sien hoe die gemeenskap die fonds en toer ondersteun. Vanaand (10 Mei) is die optrede in Malmesbury in my ou skool, Hoerskool Swartland... ek kan nie wag nie. Laat my terug dink aan my skooljare en die talle kere wat ek op daardie verhoog gestaan het. Ek is 'n trotse Malmesburier.



Herman Stoop op sy "stork tea"
Herman Stoop, my kollega op die Bok Brekvis show het nou net bevestig sy kleintjie word more gebore. Dis die eerste Bok-Baba! Herman en Lee Ann, mag Safanja net geluk en vreugde in julle lewe bring. soos jy altyd se Herman, dis 'n voorreg. Ek is so bly!


Tot 'n volgende keer...
Hou dit geheim, die Dorp is Klein!

Groete
Le-Lue


Thursday 26 April 2012

Ek blog ook... Uiteindelik!


Ek het nou besluit om ook aan te sluit by die bloggers. Hier gaan ek jou meer vertel wat alles in my lewe aangaan. Sang , Radio en so klein bietjie van my persoonlike lewe... maar nie te veel ;) 

As Sanger en Radio omroeper woon ek baie funksies by. Ek sal jou op hoogte hou van al die nuwe dinge wat in die musiekbedryf aangaan. So klein bietjie skindernuus - als sal wel feite wees.

By Bok Radio gaan dit baie goed. Ek is bevorder na die Ontbyt program (weeksdae: 6-9vm) Dit is 'n groot aanpassing vir al omdat ek nog nooit in my lewe voor 8h opgestaan het nie. Amper 3 weke op die program en ek raak nou al vanself half 5 wakker. Dit is baie anders as my 11vm-1nm Le-Lue en Vriende program, meer georganiseerd, vinniger en daar is nie kans vir nonsens praat nie. Ek is 9h skoon moeg, maar dis heerlik om saam met jou in jou motor op pad werk of skool toe te kuier. Wimpie (ons stasiebestuurder) het opdrag gegee dat ons meer Engels moet praat op die stasie agv lisensie voorwaardes. Vir 'n plattelandse Malmesbury meisie is dit maar moeilik so ek los die Engels gepratery maar vir my kollegas. Jy kan gerus luister op www.bokradio.co.za of in die Kaap omgewing op 98.9fm

 
Mei maand is ek gevra om saam met die SAPS as Sangeres te toer. 'n Fondsinsameling waar die geld aan Polisie-beamptes wat aan diens gesterf het se kinders gaan om hulle skool toe te stuur. Ek dink dis 'n ongelooflike goeie saak en voel baie bevoorreg om deel te wees van die toer. 'n hele klomp SAPS beamptes gaan terselfde tyd 'n fietstoer doen. Bok Radio se Karlien Kruger ry saam. Sy oefen haar dood!! Vir verdere inligting rondom die konserte of om betrokke te raak, kontak 0742860417


 Die Suid Afrikaanse Musiek bedryf het ook hierdie week met groot hartseer verneem dat Anneke de Villiers, eks vrou van Jannie Moolman, Dinsdag 24 April haar eie lewe geneem het in haar pa se plaashuis. Ek het die geleentheid gehad om haar so paar jaar terug te ontmoet. Alhoewel ek haar glad nie goed geken het nie, het ek baie respek vir haar gehad. Sy was 'n sagte vrou en baie passievol oor musiek. Dis so hartseer dat die bedryf vir soveel mense te erg raak. Die druk van alle kante, die laat aande op die paaie en baie weg van die huis. Dis eintlik 'n baie eensame bedryf... Die jaar is nog net 4 maande oud en klaar moes ons vir soveel legendes totsiens se. Andrew Thompson wat ook sy eie lewe geneem het in Februarie en Zak van Niekerk wat in Maart in 'n motor ongeluk oorlede is. Ek bid dat Die Here sy hand oor ons SA kunstenaars hou wat so baie op die pad is.

Wel, ek dink ek het genoeg geblog vir vandag... Lino diue Bryn ou het my so mooi gehelp met die storie. Jy weet mos hy is die man by Bok Radio wat die meeste van tegnologie en die dinge weet. Hy moedig ons almal aan om aktief op die sosiale netwerke te wees. Dankie Lino!!

Praat gou weer.

Hou dit geheim, die dorp is klein*

Le-Lue